Get Adobe Flash player

Comments from Clients

 

Wilna Snyman

Wilna Snyman


Wilna se kommentaar:

Fisionomie is ’n wetenskap wat beslis nuwe lig werp op die psige van die mens, die “hoekoms en waaroms” en oënskynlike toevallighede van sy bestaan. Dit is ’n grensverskuiwende benadering in die ontleding van verhoudings en interaksie tussen mense – ook om die “self” beter te verstaan sodat ’n gesonde en gebalanseerde selfbeeld ontwikkel kan word. Hierdie ontleding van Marthie Maré is ’n openbaring en so akkuraat dat dit ’n mens met “koue rillings” laat.

 

 

Vinette Ebrahim

Vinette Ebrahim: "Charmaine" in 7de Laan


Vinette se kommentaar:

Charmaine is vir my soos ʼn skip wat noodgedwonge voortseil, deur die ysberge voort, niks kan haar stuit nie. Ek is nie so nie, ek kan nogal wik en weeg oor ʼn ding en soms net alles laat gaan vir die lekkerte daarvan. Marthie is absoluut reg, ek wíl altyd die underdog help. Ek gaan partykeer oop oë in ʼn ding in, al weet ek mense gaan my misbruik, kan ek nog steeds nie net terugsit en niks doen nie. Vinette vertel in haar persoonlike lewe het dit al gebeur dat ʼn voormalige kêrel net nie wou laat gaan nie. “Nou weet ek hoekom!” ʼn Privaat mens is sy  verseker: “Toe Marthie dit noem het ek gesoek na die hamer om die spyker op die kop te slaan. Ek trek terug om my persoonlike probleme self op te los. Ek kan ook by tye te ernstig oor die lewe raak, altyd op soek na die lewensles wat ek moet leer. Dit was goed om weer daaraan herinner te word dat ek die lewe ook mag geniet. So ‘n ontleding is ‘n ongelooflike manier om jouself ook beter te leer ken.

Dawid Minnaar

Dawid Minnaar: Dr Franz Basson in Binnelanders


Dawid se kommentaar:

Sy is reg, waaghalsig kan ek wel wees, veral in my beroep. Wanneer ek die mense om my vertrou sal ek verhoogstukke en tekste aanpak wat die engele self nie sal aandurf nie. As ek dink aan Breytenbach se uitdagende en abstrakte “Boklied” en die rol van Salvador Dali wat ek vertolk het, ek het nooit gedink dat ek dit sou kon doen nie, maar die uitdaging was net te onweerstaanbaar. Nes ek dink ek kan iets nie doen nie, dan skop daardie waagmoed in en dan moet ek aan myself bewys dat ek dit wel kan doen. Die moed van die oortuiging is veral belangrik wanneer jy jou daarop roem dat jy jou sout as ʼn akteur werd is, dan kan geen uitdaging te groot wees nie.

Ek kan verseker dinge uitstel, veral as ek ‘n ding nie goed kan doen nie, dan los ek dit sommer heeltemal. Dit is nou die geval met my skootrekenaar. Ek is tegnologies gestremd, maar ek het my voorgeneem om dié ding baas te raak, maar ek gaan hulp nodig hê. As ek dit self moet doen sal my ongeduld en my humeur die oorhand kry. Die rekenaar sal dan bitter vinnig van onder in die swembad vir my loer.

 

Anna-Mart van der Merwe


Anna-Mart se kommentaar:

Dis ongelooflik hoeveel die ontleding van ’n gesig kan weggee. Ek weet nie of ek enigsins iets wil byvoeg, staaf of as verkeerd wil aandui nie. Dit voel half of Marthie onder ’n mens se klere kan inloer! Ek is natuurlik mal oor haar stelling in verband met plooie …

Die interessante ding is dat ek nog altyd gevoel het ek is nie ambisieus genoeg nie. Dalk is dit nou tyd om daardie aspek van myself verder te ondersoek.

 

 

 

Henrietta Gryffenberg

Henrietta Gryffenberg


Henrietta se kommentaar:

Ek is van daai skeptiese soort mense wat twee keer dink voor ek iemand sal vra om my palm, teekoppie of gesig te lees. Gelukkig is ek darem ook ‘n bok vir sport en toe Finesse tydskrif vra of ek wil deelneem aan ‘n gesig profiel artikel was my nuuskierig groter as die agie. Gou het ek besef dat die sessie meer as net spekuleer is. Vir my was dit ‘n kuier waarin ek myself weer ontdek het. Marthie was soos ‘n beste vriendin wat my al jare lank ken en soos wat sy met my gesels oor myself was dit asof ek die “my” weer in die “ek” ontdek het . ‘n Kosbare voorraadopname van die siel. Doen dit gerus.

 

 

Carike Keuzenkamp


Carike se kommentaar:

Marthie se ontleding was “spot on” en baie insiggewend. Sy het my nog nooit ontmoet nie en kon dinge vir my van myself vertel wat net mense naaste aan my weet. So ‘n ontleding is ‘n ongelooflike manier om jouself ook beter te leer ken.

 

 

 

Christina Storm


Christina se kommentaar:

Christina erken dat sy moes leer om mense met baie bravade te flous: “Ek is baie skaam, maar my beroep verwag van my om uitgesproke en gemaklik in die kollig te wees. Ek het eers in my laat twintigs die moed gekry om my opinies te lug! “Ek het altyd gewonder hoekom mense my so kan aankyk asof die kat my ingedra het. Ek pes dit! Dit laat my voel of ek ʼn bitch is en ek is glad nie.” Van nou af gaan ek altyd glimlag wanneer ek by ʼn vertrek instap.”

“Sy is reg, ek is ʼn vreeslike control freak. Ek kan nie die huis verlaat as my kaste nie netjies is en my huis nie op sy kop staan nie!” Sy is ook in die kol met my vinnige denkwyses. “Ek kan dit nie vat as mense stadig is nie. Veral nie as hulle stadig grimeer nie. Gee vir my daai borsel, ek sal dit self doen. Twee minute dan is ek klaar!” “Ek kan ys aan ʼn Eskimo verkoop? Ek hou daarvan! Ek moet erken ek kan mense oortuig hulle is verkeerd al weet ek dis eintlik ek wat die kat aan die stert beet het!”

 

Karen Ferreira

Karen Ferreira: sangeres


Karen se kommentaar:

Dit is alles baie waar. Dis asof Marthie hier in my binneste sit en presies weet wat elke dag aangaan,” Oor haar ambisie is sy uitgesproke. “Die musiekbedryf is waar ek wil wees, ek wil op die verhoog wees. Hoe meer mense vir my sê dat ek dit nie kan of mag doen nie, hoe meer wil ek aan hulle en myself bewys dat ek kan. Vir die afgelope sewe jaar werk ek baie hard aan my loopbaan en in hierdie jaar het die dinge begin gebeur. Dit voel asof ek nou die vrugte begin pluk omdat ek aangehou werk het en nooit opgee nie.” “Mense het soms ‘n verkeerde indruk van my,” vertel Karen. Al is sy goed versorg en altyd mooi aangetrek, maak dit nie van haar ‘n loskop poppie nie. “Ek weet wat ek uit die lewe wil he en ek is vasbeslote om my doelwitte te bereik. Ek is gesteld op my voorkoms omdat ek graag ‘n rolmodel vir jong meisies wil wees. Ek is ewe gemaklik in my kortbroek en plakkies.” Karen erken dat sy voorbereid is op moontlike probleme wat mag opduik: “Mense dink ek is mal as hulle sien wat ek alles met my saamdra, maar ‘n mens weet nooit!

 

 “Incredibly accurate and informative. Very encouraging for self-acceptance. Thanks!” Helma

“Fantastic! Everyone needs to attend this course to be able to work within projects or teams and bring the best out of them and know what to avoid.” Keith Webster

“Wow! I won’t ever look at myself or my colleagues or my family the same way! Thanx!” Amelia Danny

“Thank you for reaffirming my strengths – and not feeling ‘bad’ about them.” E de Lange

“Mind opening! Excellent course!” Deniz Houssein

“My appointment with Marthie was fantastic. It is unbelievable how my unique Numerology system and Face Profiling are likened. I found the same connection with Graphology (hand writing analysis) – there is very little you can hide about yourself. What a way to be able to improve yourself too. If you want to hear truthfully about yourself, how you can improve you, I recommend that you see Marthie.” Sandy Smith (Sandy’s Numerology)

“I have actually grown in the few minutes I spent with you. Be blessed!” Sandra Alcock

“Ek is onsettend beïndruk met my profiel wat jy gedoen het! Dis verstommend hoe ongelooflik akkuraat jy was, en wat jou gesig na buite weerspieël vir mense.” Shirleen Marias

“Thank you, you are a wonderful teacher, great inspiration. Feel confident that i will use my new knowledge on a daily basis.” Maureen Harper

“Dit was ongelooflik. Vir die eerste keer in my lewe ek het dit gevoel of daar iemand is wat my en my diepste gedagtes verstaan” C Cloete

“Baie dankie – inderdaad was dit wat ek verwag het – om onnself te bemagting is die grootste tipe toerusting, veral met hierdie kursus” Johanna Prinsloo

“Amazing! Far exceeded my expectations! Thank you!” Linde Aereboe

“Wonderfully awesome! I have learnt so much about myself and others. Thank you.” Sonia Kilfoil

“Fabulous! Thanks a lot! I will use this everyday of my life.” Marilyn Welch

“So interessant – maar blootstellend!” Coenie de Villiers

“Wat ‘n ongelooflike openbaring! Baie dankie en sukses vorentoe. Liefde” Wilna Snyman

“Fantastic workshop, thanks for everything” Shayne Niehaus

“Ek hou nou meer van my eie gesig. Baie dankie” Niki Spamer

“Thank you Marthie, you have enriched my life! I cannot wait to apply what I’ve learnt. Lotsa luv” Sue Davies

“Baie interessant! Alles wat gesê is, is “spot on”! Liesel Basson

“Baie dankie – hou van jou bedagsame aanslag” Carin Stander

“Fantasties en waardevol!” Nancy Kruger

“Goed om uit die ‘comfort zones’ te breek!” Liezel Donner

“I couldn’t have described myself better!” Ann Carter

“Great! Enjoyed it very much and has tremendous value” Ettienne du Toit

“Wonderful insights – am looking forward to using the knowledge.” Barry du Plooy

“Very beneficial, what a great extension to the first course. Thank you. You’re great” Glenda Chambers

“Super – Accurate – Enlightening” Meg Raphael

“Thank you, it’s a great tool for both personal & work interactions and self-awareness.” Jason Gamma

“The ability to field questions & sensitivity was professional. You come across authoratively and open to learn yourself” Warren Burns

“Worth the time – endless application especially in sales environment. Will definitively apply to my kids, social and work life, although much more knowledge required.” Laura Schaffer

“Great experience, loved every minute of this course.” Thank you Dell Lewis

“Precious energy shared. Thank you for sharing your fabulous knowledge & integrity – clearly your passion! Much success!” Charlotte Blignaut

“Fascinating and good for developing self and helping others. Many thanks.” Kai McEvoy

“Marthie, baie, baie dankie, jy verryk my lewe!” Mariette Basson

“Thank you for sharing your passion and insight – you make a ‘difference’! Lots of light” Carole Candiotes

“Wunderbar! Heerlike ontspanning met ongelooflike impak op ons almal se lewens! Baie dankie” Marlene Raats

“Dankie vir tools om terapie beter, vinniger en meer effektief te maak” Mariette Coetzee

“Ek het dit baie geniet! Baie leersaam, veral tov terapeutiese vaardighede” Liizl Miller

“Ek kyk nou met nuwe oë na die lyne wat ek ‘verdien’ het” Ronél Tolmay

“Amazing, this will definitely help me and assist me in business and personal life!” Ione de Beer